Friday 24 August 2012

Hoe kan ek 'n Bydrae tot die restourasie maak?

  • Debietorder
  • Elektroniese oorbetaling ("EFT")
  • Koop 'n baksteen, bou 'n toekoms
  • Eenmalige donasie
  • Borg 'n mansjoen.

Debietorder
Ons finansiele administrasie is nou gerat om maandelikse debietorders vanuit die kantoor te behartig. Voltooi gerus aangehegte Debietorder en stuur dit vir ons aan.

Elektroniese oorbetaling ("EFT")
Oud-Sonoppers is ook welkom om deur middel van "EFT" hulle maandelikse bydraes self te skeduleer in plaas van bogenoemde debietorderstelsel. Die bankbesonderhede is :
SONOP CHRISTELIKE TEHUIS,
ABSA HATFIELD,
TJEK REKNO 2140771336,
VERWYS: Naam en Jaargroep bv. Koos Venter 1970.

Koop 'n baksteen, bou 'n toekoms
Hierdie is 'n baie oulike idee van oud-Sonopper Deon Tustin en is op die nuwe Sonop webblad (www.sonop.org.za) beskikbaar. Bakstene van R100, R500, R1 000 en R5,000 kan elektronies gekoop word waarna die koper se naam op die "muur" verskyn. Probeer dit gerus en graveer s6 jou naam vir altyd op die muur van die 2011 - 2016 Restourasieprojek!

Eenmalige donasie
Sommige oud-Sonoppers verkies om 'n eenmalige groot bedrag vir die restourasie te skenk. So het oud-Sonopper oom Braam Raubenheimer (oud-minister) onlangs R10000 tot die fonds bygedra. Sonop se bankbesonderhede is:
SONOP CHRISTELIKE TEHUIS,
ABSA HATFIELD,
TJEK REKNO 2140771336,
VERWYS: Naam en Jaargroep bv. Koos Venter 1970.

Borg 'n mansjoen.
Die meer eksklusiewe wyse van bydrae is waar 'n oud-Sonoppers of 'n paar oudSonoppers saam 'n mansjoen borg - R40 000. So het oud-Sonopper Fanie van Zyl en sy drie seuns Cobus, Stefan en Sakkie onlangs besluit om saam een mansjoen te borg. Vir so 'n skenking word die persoon se naam of persone se name dan op die spesifieke mansjoen aangebring. Kontak gerus die koshuishoof indien jy hierin belangstel.

KOMMENTAAR ASSEBLIEF
Ons sien uit na aile oud-Sonoppers en huidige Sonoppers se kommentaar op die bydraes in hierdie uitgawe.

No comments:

Post a Comment